2 eiergele 2ml mosterdpoeier 5ml suiker 2ml sout knippie witpeper 10ml suurlemoensap of asyn 250ml olyf of kookolie of ‘n mengsel daarvan
Klits die eiergele, mosterd, suiker, sout, witpeper en suurlemoensap of asyn saam in ‘n mengbak. Hou aan met klits en voeg die olie druppel vir druppel by. Sodra die mengsel begin verdik, kan meer olie op ‘n slag bygevoeg word. (Gewoonlik na 60-75ml) Hou aan met klits totdat al die olie bygewerk is.
4 koppies melk 500 g margarine (goeie romerige soort soos rama) 1 kg cheddar kaas gerasper sout en swart peper na smaak Kook alles saam oor lae hitte en roer dit konstant tot daar geen meer stukkies is nie is nie .
Opsioneel: Meng ongeveer R10 se fyn biltong daarby. Bottel warm en bêre in yskas wanneer afgekoel
Skraap of skil die geelwortels, verwyder die soetrissies se pitte en skil die uie af. Kap al die groente baie fyn en plaas dit in 'n vlekvrye staalbak. Giet die asyn oor die groente en laat dit oornag staan. Dreineer die groente goed en druk dit droog. Voeg die mayonnaise, suiker en sout en peper na smaak by die groentemengsel en meng dit goed. Skep in droë, gesteriliseerde flesse en verseël dadelik. Bêre die toebroodjiesmeer in die yskas
Meng suiker, kremetart en die helfte van die water in 'n kastrol. Roer oor lae hitte totdat suiker opgelos is. Kook oor matige hitte tot stroop ligbruin van kleur is, sowat 15-20 minute. Voeg die res van die water stadig by. Verwyder van hitte en gooi in, gesteriliseerde flesse. Verseël dadelik
Voeg alle bestanddele bymekaar en roer oor lae hitte totdat die suiker opgelos is. Kook stadig totdat die melk soos dik room begin lyk. Moenie roer nie, tensy melk wil oorkook. Gooi in flesse wat gesteriliseer is en plaas vir 15 minute in voorverhitte oond van 120C. Skroef daarna dadelik toe
TUISGEMAAKTE MAYONNAISE:
ReplyDelete2 eiergele
2ml mosterdpoeier
5ml suiker
2ml sout
knippie witpeper
10ml suurlemoensap of asyn
250ml olyf of kookolie of ‘n mengsel daarvan
Klits die eiergele, mosterd, suiker, sout, witpeper en suurlemoensap of asyn saam in ‘n mengbak.
Hou aan met klits en voeg die olie druppel vir druppel by. Sodra die mengsel begin verdik, kan meer olie op ‘n slag bygevoeg word. (Gewoonlik na 60-75ml) Hou aan met klits totdat al die olie bygewerk is.
TUISGEMAAKTE KAASSMEER:
ReplyDelete4 koppies melk
500 g margarine (goeie romerige soort soos rama)
1 kg cheddar kaas gerasper
sout en swart peper na smaak
Kook alles saam oor lae hitte en roer dit konstant tot daar geen meer stukkies is nie is nie .
Opsioneel: Meng ongeveer R10 se fyn biltong daarby.
Bottel warm en bêre in yskas wanneer afgekoel
TUISGEMAAKTE TOEBROODJIESMEER:
ReplyDelete6 geelwortels
2 groen soetrissies
1 rooi soetrissie
3 uie
1 Engelse komkommer
750ml wit asyn
750ml mayonnaise
12.5ml suiker
sout en peper na smaak
Skraap of skil die geelwortels, verwyder die soetrissies se pitte en skil die uie af. Kap al die groente baie fyn en plaas dit in 'n vlekvrye staalbak. Giet die asyn oor die groente en laat dit oornag staan. Dreineer die groente goed en druk dit droog. Voeg die mayonnaise, suiker en sout en peper na smaak by die groentemengsel en meng dit goed. Skep in droë, gesteriliseerde flesse en verseël dadelik. Bêre die toebroodjiesmeer in die yskas
TUISGEMAAKTE GOUESTROOP:
ReplyDelete6x250ml suiker
750ml koue water
15ml kremetart
Meng suiker, kremetart en die helfte van die water in 'n kastrol. Roer oor lae hitte totdat suiker opgelos is. Kook oor matige hitte tot stroop ligbruin van kleur is, sowat 15-20 minute. Voeg die res van die water stadig by. Verwyder van hitte en gooi in, gesteriliseerde flesse. Verseël dadelik
TUISGEMAAKTE KONDENSMELK:
ReplyDelete1.25 liter melk
2ml koeksoda
500g suiker
3ml sout
Voeg alle bestanddele bymekaar en roer oor lae hitte totdat die suiker opgelos is. Kook stadig totdat die melk soos dik room begin lyk. Moenie roer nie, tensy melk wil oorkook. Gooi in flesse wat gesteriliseer is en plaas vir 15 minute in voorverhitte oond van 120C. Skroef daarna dadelik toe
Heerlik! Dankie!
ReplyDelete