Antie weet nou nie hoekom het ‘n koekie en ‘n sjokolade dieselfde naam nie, maar hier is ‘n verspot maklike resep… selfs ‘n kind kan dit toe oë doen!
Smelt 250g margarien en 15ml gouestroop saam in ‘n pot.
Gooi 5ml koeksoda soda by, en staan terug – dit kan woes borrel!
Roer met ‘n houtlepel tot die pot tot bedaring kom.
· Voeg 500ml hawermout
· 250ml meel
· 250ml klapper
· 200g suiker
· 5ml bakpoeier in die pot, en roer deeglik deur.
Smeer uit op ‘n gesmeerde bakplaat en bak vir 25 minute by 180 grade celcius.
As jy dit uit die oond haal, sny in die vorms wat jy verlang, laat afkoel en siedaar!
NOTA: O ja, moenie bang wees om ‘n lekker handvol soet gedroogte appelkose (of rosyne) op te sny in klein stukkies, en dit by te voeg vir ‘n totale ander smaak sensasie nie.
En as jy bietjie avontuurlik voel, drup gesmelte sjokolade oor in kringe, draaie en esse… net as jy so voel, hoor
No comments:
Post a Comment