Bydraes

Julle kan nou ook jul eie bydraes plaas onder LESERS BYDRAES...
LET WEL: Alle bydraes in Afrikaans, asseblief!

Tuesday, July 12, 2011

Melkkos vir 4 Mense

· 2l Melk 
· 2 koppies koek meel (met water besprinkel om klontjies te maak) 
· 1 1/4 koppie suiker
· 1/4 tl sout
· 1 el Botter
· kaneel suiker 

Gooi melk in 'n groot pot en roer die suiker saam in,sit ook sout by. 

Sorda die melk kookpunt bereik het haal van die warm plaat af en roer meel mengsel in, dit moet bietjie klontjies maak (soos my ouma my geleer het). Kook nou oor baie lae hitte vir ongeveer 15 minuute en roer dit gedurig. roer botter deur net voor opdien. 

Bedien met kaneel suiker.

Maklike skonsresep

• 2 koppies koekmeel
• 3 teelepels bakpoeier
• 1 teelepel sout
• 1 groot eier
• 70ml kookolie
• 150ml melk 

Sif die meel, bakpoeier en sout saam in ‘n groterige mengbak. 
Meng die eier, olie en melk en voeg by die meelmengsel. Indien dit ‘n bietjie styf is kan nog melk bygevoeg word. 
Smeer een skonpan met margarien of “spray-n-cook”. 
Skep ‘n groot eetlepel vol deegmengsel in elke holte. 
Bak vir 15 minute teen 220 °C. 
Druk ‘n mes in een van die skons om dit te toets. 

Suurlemoen-skuimtert

· 1 blik kondensmelk 
· 125 ml suurlemoensap 
· 2 eiers geskei
· 25 ml suiker 
· Kors van beskuitjies en botter in tertbak vasgedruk. 

Meng Kondensmelk en suurlemoensap
roer die 2 eiergele by 
skep in kors. 

Klits die 2 eierwitte en suiker tot styf 
smeer dit bo-oor die kondensmelk vulsel. 

Bak by 180 grade C tot lig goudbruin bo op. 

Sago Melkkos

· 100 ml sago
· 1 liter melk
· 30 ml botter

.. voeg in katrol en kook.

· 2 eiers (geskei)
· 75 ml volkoring meel
· 20 ml vla poeier, 2 ml sout
· 125 ml water

Meng alles saam en voeg by melk in kastrol as melk begin kook en roer.
Klits eierwitte styf en vou in melk mengsel op stoof.
 Dit is baie veerlig en heerlik

Crunchies

Antie weet nou nie hoekom het ‘n koekie en ‘n sjokolade dieselfde naam nie, maar hier is ‘n verspot maklike resep… selfs ‘n kind kan dit toe oĆ« doen! 

Smelt 250g margarien en 15ml gouestroop saam in ‘n pot.
Gooi 5ml koeksoda soda by, en staan terug – dit kan woes borrel!
Roer met ‘n houtlepel tot die pot tot bedaring kom.

· Voeg 500ml hawermout
· 250ml meel
· 250ml klapper
· 200g suiker
· 5ml bakpoeier in die pot, en roer deeglik deur.

Smeer uit op ‘n gesmeerde bakplaat en bak vir 25 minute by 180 grade celcius.
As jy dit uit die oond haal, sny in die vorms wat jy verlang, laat afkoel en siedaar!

NOTA:
 O ja, moenie bang wees om ‘n lekker handvol soet gedroogte appelkose (of rosyne) op te sny in klein stukkies, en dit by te voeg vir ‘n totale ander smaak sensasie nie.

En as jy bietjie avontuurlik voel, drup gesmelte sjokolade oor in kringe, draaie en esse… net as jy so voel, hoor 

Lamsbredie met boontjies

Bestanddele


· 340 g stowe lamsvleis
· 1 klein ui
· 1 eetlepel vet of olie
· 1 klein blikkie boontjies in tamatiesous
· 1 teelepel tamatie pasta
· 1 eetlepel tamatie sous
· 1 eetlepel Worcesterhire sous
· ¼ teelepel gemengde kruie
· Knypie knoffelsout
· Sout en varsgemaalde peper na smaak


Aanwysings


Braai die vleis en die gesnyde ui liggies in die vet of olie totdat dit ligbruin is.
Plaas in ‘n oondskottel met ‘n deksel en gooi die ander bestanddele bo-oor.
Maak die skottel toe en bak dit 2 uur lank, of totdat die vleis sag is, in ‘n matige oond by 180⁰ C.


Sit dit met ertjies of slaai, en kapokaartappels voor.

Tongvis in wit wyn

Bestanddele 

· Helfte van ‘n pakkie bevrore tongvismootjies 
· ½ ui, dun skyfies gesny 
· 1 eetlepel botter 
· ½ koppie wit wyn 
· ½ eetlepel asyn 
· 110 g sampioene 
· Sout en peper 

Aanwysings 

Plaas al die bestanddele behalwe sampioene en ½ eetlepel botter in ‘n dikboomkastrol. 
Sit die deksel op en stowe 10 minute. 
Soteer intussen die sampioene in die orige botter, voeg by die stoofgereg en voeg meer wyn by, indien nodig.

Bak 10 -15 minute lank sonder deksel in ‘n warm oond by 200°C.